JESAJA 28 | AFR53 Bybel | YouVersion (2024)

28

Die kosbare Hoeksteen.

1WEE die trotse kroon van die dronkaards van Efraim, en wee die blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal van hulle wat deur die wyn verslaan is.

2Kyk, die Here het een wat sterk en magtig is, soos 'n haelstorm, 'n storm vol verwoesting, soos 'n stortbui van geweldige, oorlopende waters wat teen die grond gooi met krag.

3Met voete sal vertrap word die trotse kroon van die dronkaards van Efraim;

4en die blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal, sal wees soos 'n voorvy voor die vrugte-oes: iemand sien dit skaars of, terwyl dit nog in sy hand is, sluk hy dit weg.

5In dié dag sal die Here van die leërskare wees tot 'n sierlike kroon en 'n pragtige krans vir die oorblyfsel van sy volk,

6en tot 'n gees van strafgerig vir hom wat sit oor die gereg, en tot 'n sterkte vir hulle wat die geveg terugdring na die poort toe.

7En ook die manne hier wankel deur die wyn en waggel deur sterk drank; priester en profeet wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hulle waggel van sterk drank, hulle wankel as hulle gesigte sien, hulle waggel by die regspraak.

8Want al die tafels is vol walglike uitbraaksel, sodat daar geen plek is nie.

9 Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is?

10Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier 'n bietjie, daar 'n bietjie.

11Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur 'n vreemde tong met hierdie volk spreek,

12Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie.

13Daarom sal die woord van die Here vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier 'n bietjie, daar 'n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.

14Daarom, hoor die woord van die Here, julle spotters, heersers oor hierdie volk wat in Jerusalem is!

15Omdat julle sê: Ons het 'n verbond met die dood gesluit, en met die doderyk het ons 'n verdrag aangegaan; as die golwende gésel deurtrek, sal hy na ons nie kom nie; want ons het die leuen ons skuilplek gemaak en ons in bedrog weggesteek —

16daarom, so sê die Here Here: Kyk, Ek lê in Sion 'n grondsteen, 'n beproefde steen, 'n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie.

17En Ek sal die reg tot 'n riglyn maak, en die geregtigheid tot 'n skietlood; en die hael sal die leuendak wegruk en die water die skuilplek wegspoel.

18En julle verbond met die dood sal uitgewis word, en julle verdrag met die doderyk nie standhou nie; as die golwende gésel deurtrek, sal julle deur hom vertrap word.

19So dikwels as hy deurtrek, sal hy julle gryp; want môre vir môre sal hy deurtrek, by dag en by nag. En dit sal net verskrikking wees om so 'n openbaring te verneem.

20Want die bed sal te kort wees dat iemand hom daarop kan uitrek, en die kombers te smal dat iemand hom daarin kan toedraai.

21Want die Here sal Hom gereed maak soos by die berg Pérasim; Hy sal aanstorm soos in die dal by Gíbeon om sy werk te doen — vreemd is sy werk! En om sy daad te verrig — ongehoord is sy daad!

22Gedra julle dan nou nie soos spotters, dat julle bande nie vaster word nie; want ek het van die Here Here van die leërskare gehoor 'n verdelging wat vas besluit is, oor die hele aarde.

23Luister, en hoor na my stem; let op, en hoor my woord!

24Ploeg die ploeër die hele dag om te saai? Skeur hy sy akker oop, en eg hy die hele dag?

25Is dit nie só nie: As hy dit bo-op gelykgemaak het, gooi hy swart komyn uit en strooi komyn en saai koring in rye en gars in vakke en spelt langs die kant.

26En sy God het hom onderrig hoe om dit te doen, Hy leer hom.

27Want swart komyn word nie met die slee gedors nie, en die wawiel word nie oor komyn gerol nie; maar swart komyn word uitgeslaan met 'n stok en komyn met 'n hout.

28Word broodkoring fyngestamp? Nee, nie altyddeur dors hulle dit nie; en al dryf hulle die wawiel en die perde daaroor — hulle stamp dit nie fyn nie.

29Ook dit kom van die Here van die leërskare: Hy is wonderbaar van raad, groot van beleid.

JESAJA 28 | AFR53 Bybel | YouVersion (2024)

References

Top Articles
Zoysia Grass - Guide To Caring For And Growing Zoysiagrass
Zoysia Grass – A Complete Guide with all that you need to know! | Green Garden Tribe
Jennifer Riordan Net Worth: A Comprehensive Look At Her Life And Legacy
Brown's Funeral Home Obituaries Lawrenceville Va
Corgsky Puppies For Sale
Moonrise Tonight Near Me
Four Brothers 123Movies
Shining Time Station (television series)
Cristiano Ronaldo's Jersey Number: The Story Behind His No. 7 Shirt | Football News
Navicent Human Resources Phone Number
Everything We Know About Wenwen Han and Her Rise To Stardom
Dr. Nicole Arcy Dvm Married To Husband
Ucf Off Campus Partners
Wordscape 5832
Discovering The Height Of Hannah Waddingham: A Look At The Talented Actress
Lecture Tutorials For Introductory Astronomy Answer Guide
Sabermetrics Input Crossword Clue
How to find cash from balance sheet?
Trizzle Aarp
When modern Eurasia was born: Genetics yield clues to origins of Eurasians
Berkeley Law Bookstore
Haslam Metrics
Liquor World Sharon Ma
Aussiebigdaddik
suggest - Englisch-Deutsch Übersetzung | PONS
Junior's Barber Shop & Co — Jupiter
Reasonabiu
The History Of Fujoshi, Male Shippers, And How Its Changed
Point After Salon
Best Pizza Marlton
3 Hour Radius From Me
Skyward Login Wylie Isd
Provo Craigslist
Itsfunnydude11 Wisconsin Volleyball Team : Itsfunnydude11 Twitter, Itsfunnydude11 Reddit – Know About It ! - Opensquares
Distance To Indianapolis
Babymukki
Game Akin To Bingo Nyt
Pho Outdoor Seating Near Me
Marie Anne Thiebaud 2019
My.chemeketa
Xxn Abbreviation List 2023
Morning Call Obits Today Legacy
Seattle Rpz
Clarksburg Wv Craigslist Personals
The forgotten history of cats in the navy
Abq Pets Craigslist
11 Awesome Cities: Skylines Mods You Need To Try
Yi Asian Chinese Union
Tokyo Spa Memphis Tn Reviews
Backrooms Level 478
Upgrading Fedora Linux to a New Release
Craigslist Org Las Vegas Cars
Latest Posts
Article information

Author: Francesca Jacobs Ret

Last Updated:

Views: 6212

Rating: 4.8 / 5 (68 voted)

Reviews: 83% of readers found this page helpful

Author information

Name: Francesca Jacobs Ret

Birthday: 1996-12-09

Address: Apt. 141 1406 Mitch Summit, New Teganshire, UT 82655-0699

Phone: +2296092334654

Job: Technology Architect

Hobby: Snowboarding, Scouting, Foreign language learning, Dowsing, Baton twirling, Sculpting, Cabaret

Introduction: My name is Francesca Jacobs Ret, I am a innocent, super, beautiful, charming, lucky, gentle, clever person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.